Skoolhoof

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF

Welkom by die Hoërskool Melkbosstrand se webwerf. Hierdie bladsye weerspieël die lewe van ‘n Melkbosstrand-student en wys vir jou watter wonderlike ervarings en geleenthede ons skool vir jou kan bied.

Ons hoofdoel is om elke Melkbosser aan te spoor om ‘n selfversekerde, ondersoekende, verdraagsame, positiewe en waardegedrewe jong volwassene te wees. Ons leuse, “aspirantes ad excellentiam” – om na uitnemendheid te streef – moet deel wees van die alledaagse lewe van ‘n Melkie van Melkbos. Die Hoërskool Melkbosstrand is ‘n waardegedrewe skool en ons verwag van elke Melkie om die waardes van integriteit, respek, hardwerkendheid, omgee, verantwoordelikheid en selfdissipline te handhaaf.

Ek dink dat die doel van opvoeding is om jong volwassenes voor te berei vir sukses in hul persoonlike sowel as hul professionele lewens. Akademiese uitslae is vir ons belangrik en sal altyd so wees, maar leerders moet karakter en die regte ingesteldheid ontwikkel saam met hul intelligensie. Die deelname aan ko-kurrikulêre aktiwiteite is dus baie belangrik. Ons heg waarde aan elke individuele student en vordering word noukeurig dopgehou.

Die skool volg die nasionale kurrikulum met ‘n wye spektrum van vakke wat studente toegang gee tot die Nasionale Senior Sertifikaat. Dit is hierdie wydheid en verskeidenheid tesame met die geleentheid om vakke te kies wat student aanspoor om ons leuse, “aspirantes ad excellentiam”, uit te leef.

As die Skoolhoof van die Hoërskool Melkbosstrand, heet ek jou hartlik welkom en ek sien daarna uit om met jou kontak te maak in die tyd wat voorlê. Welkom by een van die TOP TIEN AKADEMIESE SKOLE in die Kaap.

 

Mnr. D.J. Ross

SKOOLHOOF

Kommentaar gesluit.